Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man doodgesteek ná hy glo by buurman inbreek

’n Saak van moord word ondersoek teen ’n 55-jarige inwoner van Bethelsdorp wat die naweek na bewering ’n vermeende inbreker – glo sy buurman – met ’n mes doodgesteek het.

Volgens die polisie het die voorval Vrydag omstreeks 21:00 in die buurt Greenfields gebeur toe die buurman, Luthando Ndude (19), glo saam met ’n tweede man by die huis ingebreek het.

Die mans het glo hard geklop aan die voordeur terwyl die huiseienaar en sy vrou besig was om aandete te maak. Die huiseienaar het geweier om hulle in te laat, waarna hulle glo die vensters en die deur gebreek het,” het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, in ’n verklaring gesê.

Die huiseienaar het hom na bewering met ’n mes bewapen om hom en sy vrou te beskerm.

’n Bakleiery het uitgebreek toe die twee mans, wat glo met ’n mes en ’n panga gewapen was, toegang tot die huis verkry het.

Die huiseienaar het hom na bewering met ’n mes bewapen om hom en sy vrou te beskerm.

Ndude (19) is noodlottig in die bors gesteek en die tweede man het uit die huis gevlug.

’n Saak van moord word teen die huiseienaar ondersoek, maar hy is nie in hegtenis geneem nie. Die polisie sal die dossier ná afloop van die ondersoek aan die direkteur van openbare vervolging (NDOV) oorhanding om te besluit of hy vervolg gaan word of nie.

Naidu is onseker hoe lank dié proses sal duur.

Die polisie het Maandag nog gesoek na die tweede vermeende inbreker wat van die toneel af weggehardloop het. Sy naam is bekend aan die polisie en ’n saak van huisbraak word teen hom ondersoek.

Meer oor:  Luthando Ndude  |  Greenfields  |  Bethelsdorp  |  Inbreek  |  Doodgesteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.