Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man ernstig beseer in plaasaanval

’n Man wat op ’n plaas tussen Middelburg en Stofberg werk, is Sondagoggend ernstig aangerand en sy hande so styf vasgebind dat dit glo begin swart raak het.

James Language, ’n veiligheidsverteenwoordiger van TLU SA, sê Dirk Buys werk op die plaas Hoedspruit wat teenaan die Elandslaagte-grondpad geleë is.

Hy het Sondag kort ná middernag van twee harde slae wakker geword. Vier aanvallers het sy kamerdeur oopgedwing en hom erg aangerand.

Buys, wat ongeveer 70 jaar oud is, het ernstige kopbeserings opgedoen en sy aanvallers het hom ook erg oor sy ribbes en bolyf geslaan. Dit is nie seker waarmee Buys aangerand is nie.

Twee mans het glo op Buys gesit en hom geslaan terwyl die ander twee die woonstel leeggedra het.

Language sê daar is heelwat goedere gesteel en hy vermoed die aanvallers is op die toneel opgelaai.

Die woonstel waarin Buys bly, is naby die hoofhuis.

’n Plaaswerker het Sondagoggend gesien iets is nie pluis by Buys se woonstel nie en vir Nico Naudé, die plaaseienaar, gaan roep.

Language sê toe hulle hom kry, was Buys se hande en voete so styf vasgebind dat dit al swart begin word het.

Naudé het ’n gemengde boerdery wat ’n groot hoenderboerdery insluit. Hy het ook ’n winkel op die plaas.

Volgens inligting was daar die vorige dag drie verdagte mans in die plaaswinkel. Dit is nie seker of hulle verkenningswerk kom doen het om later vir Buys aan te val nie.

Kol. Donald Mdluli, polisiewoordvoerder, het die aanval bevestig en sê die polisie in Mpumalanga soek na die aanvallers.

Meer oor:  Dirk Buys  |  James Language  |  Stofberg  |  Middelburg  |  Aanval  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.