Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man gee hom oor aan polisie ná moord
’n Taxi-assistent is Saterdag by die taxi-parkeerterrein van die Cleary Park-winkelsentrum vermoor. Foto: Facebook

Met die moordwapen in sy besit, het ’n man van Port Elizabeth homself Saterdagmiddag aan die polisie oorhandig in verband met die moord op ’n 40-jarige man.

Die 23-jarige man het by die Gelvandale-polisiekantoor aangemeld, waar hy ’n mes oorhandig het en vir die moord op Roland Tobias in hegtenis geneem is.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, spruit die moordsaak uit ’n voorval Saterdagoggend waar die verdagte en Tobias glo oor werkverwante sake by die Cleary Park-winkelsentrum se taxistaanplek gestry het.

Albei is werksaam as taxi-assistente en het glo gestry oor wie in watter taxi die dag sal werk.

Volgens ooggetuies het die verdagte kwaad geword en weggestap. Die verdagte het egter kort daarna weer teruggekeer en blykbaar vir Tobias met ’n mes in die nek gesteek.

Naidu sê Tobias het inmekaargesak terwyl hy probeer weghardloop het. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die verdagte het ook gevlug, maar het later die dag by die polisiekantoor aangemeld.

Hy sal na verwagting Maandag op aanklag van moord in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.