Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man gee hom oor ná sersant se skietdood

’n Man het hom Woensdagmiddag oorgegee aan die polisie nadat ’n polisiesersant vandeesweek in Alexandra, Johannesburg. doodgeskiet is.

Volgens kol. Brenda Muridili, die nasionale polisiewoordvoerder, het die 52-jarige man hom in die Johannesburg-polisiekantoor oorgegee.

Sers. Moshela Mokgoba is Dinsdagaand doodgeskiet nadat hy en ’n kollega ’n verdagte voertuig in Alexandra agternagesit het.

Muridili het voorheen aan Netwerk24 gesê Mokgoba en sy kollega het ’n Ford Ranger-bakkie agtervolg. Daar was ’n verkeersknoop en die polisielede het na die bakkie gestap. Skote is uit die voertuig gevuur en Mokgoba is noodlottig gewond.

“Die provinsie het onmiddellik die 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel wat die nodige hulpbronne vir die ondersoek na die voorval mobiliseer.”

Die man sal binnekort op aanklagte van moord, poging tot moord, die roof van ’n vuurwapen en die gebruik van ’n vuurwapen in ’n munisipale gebied in die hof verskyn.

Meer oor:  Alexandra  |  Polisiemoord  |  Moord  |  Verdagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.