Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man gee oor ná eksmeisie, ma se skietdood

’n Man wat sy eksmeisie en haar ma na bewering Sondag doodgeskiet het, het homself Woensdag aan die polisie in Pietermaritzburg oorgegee.

Nombuso Dube (33) en Mtokozile Dube (70) se lyke is Woensdag net ná 07:30 met skietwonde in hul huis in Tongaat gevind, sê kol. Thembeka Mbele, provinsiale polisiewoordvoerder.

Die 53-jarige man is na die polisiekantoor in Tongaat geneem en word aangehou.

’n Gelisensieerde vuurwapen wat na bewering in die skietery gebruik is, is ook gevind. Die man sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Verulam verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.