Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man gekaap toe hy by padwerke stadig ry

Die bestuurder van ’n bakkie is die naweek buite Pretoria gekaap toe hy sy snelheid verminder het waar aan die pad gewerk word.

Hy is later in die bosse gevind toe die polisie daar opdaag om ’n vragmotorbestuurder te konfronteer wat ’n vrag onwettig langs die pad afgelaai het.

Richard Sharp, ’n vriend van die bakkiebestuurder, sê hy was op pad van Pretoria af om sy kind by ’n laerskool naby Kameelfontein, noordoos van Pretoria, te gaan haal.

“Hy het op die R513-Cullinan-pad gery.

“Daar word aan die pad gewerk en spoedhobbels is aangebring. Terwyl hy wag dat die voertuie voor hom ry, ruk iemand sy 1400-Datsun-bakkie se passasiersdeur oop, rig ’n pistool op hom en beveel hom om aan te hou ry,” sê Sharp.

’n Paar kilometer verder het die kaper hom naby die Baviaanspoort-rioolaanleg laat afdraai. Hier het nog drie mans hulle ingewag.

“Hulle het my ou vriend uit die bakkie gepluk, deursoek, sy bankkaart en foon gevat en hom vasgebind. Die rowers het kort daarna teruggekeer om seker te maak van die bankkaart-PIN. Op daardie oomblik het ’n vragmotor opgedaag wat onwettig goed in die veld kom aflaai het.

“Die mans het toe weggehardloop, my vriend het die tak waaraan sy voete vasgebind is gebreek en eet voet losgekry. Op ’n manier is hy toe in die rigting van die vragmotor.

“Gelukkig het daar ook ’n polisievoertuig gestop wat wou ondersoek instel na die onwettige storting. Hulle het my vriend gehelp.

“My vriend se vrou was by sy werkswinkel in East Lynne, waar ’n klomp van ons ook was. Toe sy aan ons sê haar man het nooit by die skool opgedaag nie, het ons na hom begin soek,” sê Sharp.

Die gekaapte bakkie is later versteek langs die pad gevind.

Die rowers het twee keer geld met die gesteelde bankkaart getrek, onder meer by die Tshwane China Mall.

“Ja, my vriend is briesend, maar meestal dankbaar dat hy leef,” sê Sharp.

Meer oor:  Pretoria  |  Padwerke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.