Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man gekaap toe hy stilhou om te help
’n Uitgebrande motor in Hawston. Dit is vermoedelik die motor wat Vrydag op die R43 tussen Sandbaai en Onrusrivier gekaap is.Foto: Facebook

’n Inwoner van Onrus in die Wes-Kaap is vasgebind en gewurg nadat hy by ’n skynbaar onklaar motor stilgehou het om sy hulp aan te bied.

Die 43-jarige man was Vrydag om 23:50 op pad huis toe nadat hy by ’n vriend op Sandbaai was. Hy het naby Hermanus by ’n swart voertuig wat in die pad gestaan het, stilgehou.

Volgens kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, was die voorval op die R43 tussen Sandbaai en Onrusrivier.

“Die klaer het stilgehou om te help toe iemand voor sy voertuig ingespring het. Toe pluk die verdagte ’n vuurwapen uit en hou dit teen die klaer se kop.

“Hulle het toe na Hawston gery waar die verdagte mense opgelaai het. Die klaer is aangesê om in die bagasiebak te klim. Hulle het Kleinmond toe gery en hom met ’n tou vasgebind en hom gewurg. Hulle het stilgehou en hy is beveel om te loop.”

Die man is glo later op ’n grondpad gekry.

Volgens Van Wyk het die klaer beserings aan sy nek en hande opgedoen en behandeling in ’n hospitaal ontvang. ’n Uitgebrande voertuig, wat nog geïdentifiseer moet word, is in Hawston gevind.

Volgens ’n ingeligte is die man se skoene, beursie en selfoon gesteel.

Die Hermanus-gemeenskapspolisiëringsforum het op sy Facebook-blad bevestig dat ’n kaping Vrydagaand tussen Sandbaai en Onrus voorgekom het. Volgens die inskrywing is ’n uitgebrande voertuig gekry, ’n dossier aangelê en word die voorval deur die polisie ondersoek.

Geen verdagtes is nog geïdentifiseer nie.

Enigeen met inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte, sers. Mbongeni Mazuthu, by 028 313 7000 bel.

Meer oor:  Kleinmond  |  Gekaap  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.