Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man geskiet in Parow

Die polisie van Parow in Kaapstad ondersoek ’n saak van poging tot moord ná ’n skietvoorval Woensdagaand.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê ’n silwer Mercedes-Benz het omstreeks 19:45 in Vyfdestraat, Churchill Estate, gery en begin skiet.

’n 38-jarige man, wat in die been gewond is, het gevlug en is later na ’n hospitaal geneem.

“Die voorval word ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Rwexana gesê.

Netwerk24 het verskeie video-opnames en stemboodskappe ontvang, glo van die Parow Park-gemeenskapspolisiëringsforum, waarop beweer word dat een man doodgeskiet en ’n ander gewond is.

By navrae is bevestig dat die inligting op die video verkeerd is en dat net een mens gewond is. Die verdagtes is glo ook nie van die gebied nie. Hulle wou nie oor die moontlike motief van die voorval uitbrei nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.