Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man gesoek wat vrou glo aanrand, toe na hospitaal neem

’n Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van ’n man van Port Elizabeth wat ’n vrou na ’n hospitaal geneem het nadat hy haar glo met ’n mes toegetakel het.

Rhett Els (47) is laas gesien toe hy op 24 November sy 65-jarige vriendin na die hospitaal in Port Elizabeth geneem het. Die vrou is met verskeie steekwonde opgeneem.

’n Lasbrief vir die inhegtenisneming van Rhett Els is deur polisie in Port Elizabeth uitgereik. Foto: Verskaf

’n Verpleegster het aan die vrou gesê dat sy die polisie oor die voorval moet inlig. Els het daarop sy vriendin se selfoon en haar motorsleutels gegryp en is daarmee weg.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, is Els vermoedelik steeds in besit van die vrou se silwerkleurige Volkswagen Polo met die nommerplaat HGV 432 EC.

Die aanval op die vrou het blykbaar gebeur terwyl sy en Els in Kragga Kamma-weg in Port Elizabeth gery het nadat hulle van Port Alfred teruggekeer het.

Els het blykbaar die vrou ’n werk by ’n gastehuis in Port Alfred beloof. Dit het nie gerealiseer nie en op pad terug het die twee oor die beloofde werk begin stry.

Volgens die polisie se inligting het Els in Kragga Kamma-weg met die motor stilgehou en toe die vrou na bewering geslaan en haar met ’n mes gesteek, waarna hy haar na die hospitaal geneem het.

Naidu sê Els het nie ’n vaste adres nie, maar word gereeld in die stad se Korsten-woonbuurt gesien.

Enigeen wat Els of die vrou se vermiste motor sien, kan speur-konst. Yandisa Kumla op 082 302 6159 bel.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Aanrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.