Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man gewond wat Uber probeer kaap

’n Man wat Saterdagaand na bewering probeer het om ’n motor in Walmer in Port Elizabeth te kaap, is raakgeskiet nadat ’n stoeiery tussen hom en die motorbestuurder ontstaan het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê ’n Uber-taxi het omstreeks 20:30 ’n kliënt in Humewood opgelaai om na Mount Pleasant te neem. Op pad daarheen, in Glendoreweg, Walmer, het die 24-jarige verdagte glo ’n vuurwapen te voorskyn gebring en op die 30-jarige bestuurder gerig. Die bestuurder is beveel om uit sy Polo te klim en is van sy selfoon beroof. Sy sleutels was steeds in die motor se aansitter.

Naidu sê ’n gestoei het tussen hulle ontstaan. “Skote het afgegaan en die verdagte het drie wonde opgedoen. Hy het na ’n nabygeleë huis in Beethovenlaan gehardloop waar ’n ambulans ontbied is. Die gesteelde selfoon is in sy besit gevind.”

Sy sê daar word ook beweer dat die 9 mm-pistool aan die verdagte se pa behoort, wat die vuurwapen as gesteel by die polisie aangemeld het. Die verdagte bly saam met sy ouers in die Walmer-nedersetting.

’n Saak van poging tot kaping en gewapende roof word ondersoek.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Walmer  |  Skietvoorval  |  Kaping  |  Uber
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.