Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man glo in Verulam uit wraak vermoor, geskend en ontman

Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek ’n moordsaak nadat die lyk van ’n 39-jarige man Sondag in Verulam noord van Durban aangetref is.

“Die slagoffer het skiet- en kapwonde,” het kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, Maandag gesê.

Paramedici en lede van ’n veiligheidsmaatskappy op die toneel van die moord in Verulam.Foto: Prem Balram

Volgens Mbele is die polisie en die nooddienste Sondag om 21:30 na Station-straat ontbied nadat lede van die publiek op die man se bebloede lyk afgekom het.

“Die man is op die toneel dood verklaar en ’n moorddossier is geopen. Daar word beweer dat die man ’n dubbele moord gepleeg het en dat lede van die gemeenskap hom uit weerwraak vermoor het. Dié bewerings asook sy dood word ondersoek,” het Mbele gesê.

Prem Balram, woordvoerder van die veiligheidsmaatskappy Reaction Unit South Africa (Rusa), was ook Sondag op die moordtoneel.

Volgens Balram is die man se gesig met ’n skerp voorwerp geskend en sy geslagsdeel is afgesny.

“Inwoners het oënskynlik eie reg gebruik en die man vermoor nadat hy glo twee ander mans in Verulam vermoor het. Bewyse hiervoor moet nog gevind word.”

Volgens Balram is twee mans Saterdagaand in ’n geveg by ’n kroeg in die omgewing om die lewe gebring.

Niemand is nog in verband met die moord op die man in hegtenis geneem nie.

Bloedspatsels op die toneel waar die lyk van ’n man Sondag in Verulam, KwaZulu-Natal, gekry is. Foto: Prem Balram
Die polisie en nooddienste is Sondagaand ontbied nadat lede van die publiek op die man se bebloede lyk in Verulam afgekom het. Foto: Prem Balram
Meer oor:  Verulam  |  Kwazulu-Natal  |  Moord  |  Geskend  |  Misdaad  |  Ontman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.