Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man glo in Wolseley-winkel ontvoer, steeds soek

’n Man (31) is Dinsdagaand vanuit ’n winkel in Wolseley naby Tulbagh in die Wes-Kaap in ’n voertuig gedwing en ontvoer. Die man is teen Woensdag nog nie opgespoor nie.

Luidens ’n polisieverklaring het ’n verdagte Dinsdagaand om 20:20 by ’n winkel in Masibulele-straat, Pine Valley, ingegaan en die winkeleienaar vir kleingeld gevra.

“Die winkeleienaar het na die agterkant van die winkel gegaan om die kleingeld te gaan haal. Met sy terugkeer, het klante in die winkel hom vertel dat die verdagte weg is,” lui die verklaring. “Hy is ook vertel dat die man wat in die winkel was, saam met ’n ander man in dieselfde voertuig vort is. ’n Saak van ontvoering is deur die Wolseley-polisie aanhangig gemaak,” lui die verklaring.

Niks is uit die winkel gesteel nie.

Die slagoffer is glo geïdentifiseer volgens inligting wat op die toneel ingesamel is, maar sy naam is nie bekend gemaak nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die slagoffer word steeds vermis.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Tulbagh  |  Ontvoer  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.