Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man glo met swaard in straat bygedam

Die polisie in KwaZulu-Natal het Sondag ’n man vir ondervraging ingeneem nadat hy glo iemand met ’n swaard bygedam het.

“ ’n 30-jarige man is Sondag omstreeks 09:40 in Maple-rylaan in Trenance-park, Verulam, gekry. Hy is met ’n swaard in die nek, skouer en gewrig gewond en deur paramedici behandel voordat hy hospitaal toe geneem is. Hy het baie bloed verloor, maar is in ’n stabiele toestand,” sê Prem Balram, woordvoerder van die plaaslike veiligheidsmaatskappy Reaction Unit South Africa (Rusa), wat na die toneel ontbied is.

“Die omstandighede wat tot die voorval gelei het, is in dié stadium nog onduidelik,” sê Balram.

“Ooggetuies het wel bevestig dat die beseerde man, wat ’n mes gehad het, in ’n geveg met die ander een betrokke was. Hy is verskeie kere met ’n swaard gewond.”

Volgens Balram het omstanders op die gewonde man afgekom waar hy in die straat gelê en bloei het.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê dat die polisie ondersoek instel om te bepaal wat tot die voorval gelei het.

Meer oor:  Verulam  |  Polisie  |  Aangeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.