Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man glo vermoor omdat hy nie sigarette koop

Die polisie in Bethlehem is op soek na twee mans wat blykbaar hul vriend vermoor het omdat hy nie vir hulle sigarette gekoop het nie.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die twee verdagtes, net bekend as Mohlaudi en Lele, het Dinsdagaand by Matlale Mokoena (30) se huis in die Bohlokong-township opgedaag en gesê hulle soek die geld wat Lele vroeër aan hom gegee het om sigarette te koop.

Die mans was in ’n hewige stryery omdat Mokoena nie soos afgespreek die sigarette gekoop het nie en een van hulle het glo vir Mokoena in sy nek met ’n skerp voorwerp gesteek.

Mokoena se familie het op hom afgekom en ’n ambulans gebel, maar hy is op die toneel dood verklaar.

Mohlaudi en Lele het spoorloos verdwyn.

Makhele sê die polisie het ’n moorddossier geopen en indien iemand weet waar die twee mans hulle bevind, kan hulle kapt. Screamer Tshabalala op 082 453 0794 bel.

Meer oor:  Inperking  |  Bethlehem  |  Covid-19-Virus  |  Koronavirus  |  Moord  |  Sigarette
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.