SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Misdaad
Man het bloeding op brein ná aanval in kothuis

Die seun van twee joernaliste word in ’n hospitaal in Somerset-Wes geopereer nadat hy en sy vriendin Donderdag in die vroeë oggendure deur vier onbekende mans in hul huis buite Stellenbosch aangeval is.

Hannes Wiese het ernstige kopbeserings in die aanval opgedoen. Breinchirurge van die Mediclinic Vergelegen-hospitaal in Somerset-Wes probeer nou om die bloeding op sy brein te stop.

Die skrywer en joernalis Tobie Wiese se een seun, Hannes Wiese, is Donderdag in die vroeë oggendure in die kothuis wat hy met sy vriendin op ’n plaas buite Stellenbosch deel, aangeval. Foto: Facebook

Wiese is een van twee seuns van die joernalis en skrywer Tobie Wiese en Elna van der Merwe, Huisgenoot se boeke-en-verhaleredakteur.

Hannes en sy vriendin, Barbara Seele (31), het geslaap toe die mans tussen 00:00 en 00:30 toegang tot die kothuis op die plaas Glenconner in die Jonkershoek-gebied gekry het.

Die mans het glo ’n leer gebruik en deur ’n venster van die kothuis geklim. Die kothuis is bo-op ’n skuur.

Seele kon daarin slaag om weg te kom. Sy is ongedeerd.

Hannes is glo deur die vier mans vasgemaak en aangerand.

Die mans het met ’n skootrekenaar en selfone op die vlug geslaan.

Meer oor:  Stellenbosch  |  Aanval  |  Man  |  Brein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.