Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man het sy vrou vermoedelik in put gegooi

’n Vrou van Tzaneen wie se man teregstaan vir haar moord, se lyk is laat Maandag uit ’n diep put in die erf van hul huis verwyder.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Lindiwe Nokeri (40) is vermoedelik deur haar man (36) in die put gegooi.

Nooddienswerkers soek na die lyk van 'n vrou wat in 'n put gegooi is. Foto: SAPD
'n Vrou van Tzaneen se lyk is in die put gekry. Foto: SAPD

’n Lykskouing sal bepaal of sy reeds dood was toe sy in die put gegooi is en of sy eers dood is nadat sy in die put gegooi is.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, het die moord op Nokeri as “sinneloos” beskryf.

“Dit is skokkend dat so iets gebeur terwyl die jaarlikse veldtog van 16 dae teen geweld teen vroue en kinders gevier word,” sê Ledwaba.

Nokeri se man het Vrydag self die polisie gebel en gesê sy vrou was nie by die huis toe hy van die werk af gekom het nie. Die egpaar se huis is in die Babanana-nedersetting buite Tzaneen.

Ngoepe sê ’n soektog is na Nokeri begin en verskeie eenhede van die polisie soos die soek-en-reddingseenheid het na haar gesoek.

Reddingswerkers by die put waarin 'n vrou se lyk buite Tzaneen gekry is. Foto: SAPD

Nadat die man en ’n 30-jarige vriend van hom ondervra is, het die polisie onraad vermoed.

Lede van die soek-en-reddingseenheid het Nokeri se lyk onder in die diep put gekry.

Ngoepe sê die motief vir Nokeri se moord is nog ’n raaisel.

Haar man en sy vriend sal binnekort in die landdroshof in Nkowankowa buite Tzaneen op aanklag van moord verskyn.

* In nóg ’n grumoord in Limpopo is ’n maatskaplike werker die naweek in Louis Trichardt by haar huis doodgeskiet.

Ngoepe sê Muzila Thinavhuyo (45) is Vrydag net ná 21:00 oorval nadat sy haar motor voor die huis geparkeer het en op pad die huis in was.

’n Onbekende aantal mans het haar verskeie kere geskiet. Sy is op die toneel dood.

Ngoepe kon nie sê of enigiets by Thinavhuyo gesteel is nie.

’n Groot soektog is onderweg na haar moordenaars.

  • Enigiemand met inligting kan speursers. Tshilidzi Nthembuluseni by 082 215 3171 bel.
Meer oor:  Tzaneen  |  Misdaad  |  Moord  |  Polisie-Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.