Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man in aanhouding oor bestialiteit met dragtige boerbok

’n Zimbabwiese man is in hegtenis geneem op aanklag van bestialiteit nadat gemeenskapslede hom Donderdagoggend in ’n kraal betrap het terwyl hy ’n seksuele daad met ’n dragtige boerbok-ooi gepleeg het.

Mishack Matlou, ’n inspekteur van die Tshwane-DBV, sê die inhegtenisneming het gevolg nadat hy daardie oggend net ná 04:00 by sy huis in Winterveldt, noordwes van Pretoria, wakker gemaak is deur ’n groep mense agterop ’n vragmotor. Die bok en die verdagte was saam met hulle.

Die ontstelde gemeenskapslede het vertel dat die man (35) tot vroegoggend saam met drie vroue by ’n taverne gekuier het voordat hy geloop het met die woorde dat hy gaan slaap.

“Twee mense het hom egter direk na ’n kraal sien stap waar hy die ooitjie gegryp het. Hulle het die eienaar en ander inwoners geroep.

“Soos ek vertel is, wou van die gemeenskapslede gewelddadig raak met die man en, ná ’n kort impromptu vergadering, is besluit om na my toe te kom omdat die inwoners weet ek werk vir die DBV,” verduidelik Matlou.

Hy het die verdagte ondervra wat net bly om verskoning vra het en gesê het dat hy van Zimbabwe is.

“Hy het egter geen papiere om te wys dat hy wettig in die land is nie. Ek het ook die bok ondersoek. Sy het baie seergekry. Sy was rooi geswel en geskeur, waar die man die daad met haar gepleeg het,” sê Matlou.

Hy het die polisie ontbied wat die man in hegtenis geneem het.

“Ek het toe die bok na die Onderstepoort-dierehospitaal geneem omdat die meeste veeartse in die nabye omgewing toe was vir die vakansiedag.

“Die ooi is daar behandel en sterk nou by die DBV aan,” sê Matlou.

Hy het bygevoeg: “Dit is amper Sondag. Wil die kerke nie maar met die mense praat en leer dat diere liefde nodig het nie? Sê vir jul kerkgangers die Here het diere vir ons gegee om na te kyk.”

Die verdagte is steeds in aanhouding en sal Maandag in die hof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.