Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man in arres oor beweerde tenderbedrog in N-Kaap

Die Valke in die Noord-Kaap het Woensdagoggend ’n sakeman van Bloemfontein weens beweerde tenderbedrog van R487 500 by die provinsiale gesondheidsdepartement in hegtenis geneem.

Kwenzani Ndabeni (50)

Volgens Nomthandaso Mnisi, Valke-woordvoerder, het die Valke se ondersoekeenheid vir ernstige misdade omstreeks 07:00 op Kwenzani Ndabeni (50) se huis toegeslaan.

Mnisi sê die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement het in November 2014 kontrakte vir opknappingswerk aan hospitale in die provinsie aan Ndabeni toegestaan.

Ndabeni het die departement na bewering bedrieg toe sy maatskappy, Pari ya sechaba, hom vir vinielseile, wat kwansuis in die Kuruman-hospitaal geïnstalleer is, gefaktureer het.

Mnisi sê die departement het in 2016 ’n klag by die Valke ingedien, wat sedertdien deur die eenheid vir ernstige misdaad ondersoek word.

Ndabeni, wat saam met sy maatskappy van korrupsie aangekla word, het Donderdag in die landdroshof in Kimberley verskyn. Hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat en die saak is tot 21 Mei uitgestel.

Navrae om kommentaar is aan die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement gestuur.

Dit sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Meer oor:  Nomthandaso Mnisi  |  Valke  |  Tenderbedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.