Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man in hegtenis ná skote in Menlyn Maine klap

Die polisie het 'n 45-jarige man in hegtenis geneem nadat hy na bewering 'n ander man in die Menlyn Maine-winkelsentrum in Pretoria-Oos doodgeskiet het. 

Die skietery spruit uit 'n onderonsie tussen die verdagte en die oorledene. Die oorledene was saam met twee ander mans by die sentrum. Volgens die voorlopige ondersoek het die verdagte tydens die onderonsie na sy voertuig geloop, waarna hy glo met 'n vuurwapen na die groep teruggekeer en die man wat die situasie probeer ontlont het, geskiet het.

Volgens brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, het die polisie op die vuurwapen beslag gelê. Die motief vir die skietery is nog onbekend. Die verdagte sal vandeesweek in die landdroshof in Pretoria op 'n aanklag van moord verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.