Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man in kop geskiet ná padwoede-voorval

Regstelling: Netwerk 24 het Sondag berig die oorledene is ’n inwoner van Klerksdorp op grond van die inligting wat van die polisie ontvang is. Daar is egter intussen vasgestel dat hy van Schweizer-Reneke is.


Die polisie ondersoek ’n padwoede-voorval waarin ’n inwoner van Klerksdorp in die kop geskiet is. Hy is op die toneel dood.

Nicky Botes. Hy is dood nadat hy in die kop geskiet is. Hy het dié foto van homself Vrydag op sy Facebook-blad geplaas. Foto: Facebook/Nicky Botes

Volgens kol. Adele Myburg, polisiewoordvoerder, is die man Saterdag omstreeks 19:00 in die Willkoppies-woongebied geskiet.

Die polisie het nog nie die oorledene se naam bekend gemaak nie, maar ’n bron het aan Netwerk24 bevestig dit is Nicky Botes.

Familie en vriende het boodskappe van medelye op Botes se Facebook-blad geskryf.

Die formele uitkenning sal Maandag gedoen word, het Myburg Sondag gesê.

Volgens haar was twee mans betrokke: Een het ’n silwerkleurige Toyota Hilux bestuur en die ander ’n Nissan NP200.

Botes het Vrydag op sy Facebook-blad ’n foto van hom langs ’n soortgelyke bakkie geplaas. By die foto het hy geskryf: “Nuwe lewe, nuwe begin. Los die verlede agter . . .”

Volgens Myburg het die Nissan aan ’n plaaslike veiligheidsmaatskappy behoort.

Daar was glo ’n woordewisseling nadat die bestuurder van die Toyota die Nissan probeer verbysteek het.

Die twee mans het uit hul voertuie geklim en met mekaar begin praat. Later het die Nissan-bestuurder teruggeklim in sy voertuig om te ry, maar het weer stilgehou omdat iets glo na sy voertuig gegooi is.

’n Vuisgeveg het toe uitgebreek.

In die bakleiery het die veiligheidswag na bewering ’n skoot met sy handwapen afgetrek. Die ander man is in die kop getref. Hy is op die toneel dood en die ander man is na ’n hospitaal geneem, sê Myburg.

Meer oor:  Klerksdorp  |  Padwoede-Voorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.