Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man in motor voor dokter se spreekkamer doodgeskiet

Die polisie in Port Elizabeth het met ’n soektog begin nadat ’n man in sy motor voor ’n dokter se spreekkamer doodgeskiet is.

Volgens die polisie se inligting is die man Maandag omstreeks 10:00 in Mtshiselwastraat, KwaZakhele, in sy maroen Renault doodgeskiet.

Die vermoorde is as Andile Benson Dyaloyi (43) van Jeffreysbaai geïdentifiseer.

Hy was alleen in die motor en dit is nog onduidelik of hy die dokter besoek het en of hy moontlik vir iemand gewag het, sê kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder.

Niks is gesteel nie en die motief vir die moord word nog ondersoek.

Die polisie het teen Dinsdag nog niemand in verband met die moord aangekeer nie.

Enigeen wat inligting het kan Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

Meer oor:  Port-Elizabeth  |  Dokter  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.