Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man in nag buite Virginia doodgery

Die polisie in Virginia ondersoek ’n voorval van strafbare manslag nadat ’n man Saterdagaand omstreeks 22:00 naby die Sandrivierbrug op pad na Welkom doodgery is.

Brig. Sam Makhele, ’n polisiewoordvoerder, sê die lyk van ’n onbekende man het in die middel van die pad gelê.

Geen voertuig het op die toneel stilgehou nie en die polisie vermoed ’n motoris het versuim om stil te hou nadat hy die voetganger getref het.

Die slagoffer was geklee in ’n bruin langbroek, bruin skoene en ’n rooi T-hemp.

Enigiemand wat die polisie in hul ondersoek kan help, kan 082 301 3062 skakel.

Die polisie het nog nie die slagoffer se identiteit vasgestel nie.

Meer oor:  Tref-En-Trap  |  Padsterfte  |  Padongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.