Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man in padversperring vas met 1 000 Mandrax-pille
Die Mandrax-tablette wat die polisie Dinsdagoggend gekonfiskeer het. Foto: Jaco Marais

’n Man (23) van Valhalla Park in Kaapstad is Dinsdag kort ná 10:00 deur metropolisiebeamptes in ’n padversperring op die N7 in hegtenis geneem.

Daar was 1 000 Mandrax-pille in die silwer Volkswagen Polo wat die man bestuur het.

Die man was glo op pad na Atlantis.

Die man gaan aangekla word van die besit van Mandrax en ’n oortreding wat verband hou met die beweging van persone sonder die nodige permit tydens die staat van inperking.

Die man het aan die metropolisiebeamptes gesê die gemiddeld sluikhandelprys van een tablet is sowat R50.

Meer oor:  Atlantis  |  Padversperring  |  Aangekeer  |  Mandrax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.