Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man in Porsche by verkeerslig doodgeskiet
Die moordtoneel in Bedfordview, waar ’n 43-jarige man in ’n blou Porsche-motor geskiet is. Hy naby die motor dood aangetref.
Die blou Porsche wat die 43-jarige man Maandagmiddag bestuur het toe hy in geskiet is.

'n 43-jarige man is Maandagmiddag by ’n verkeerslig in ’n oënskynlike huurmoord in Johannesburg doodgeskiet.

Die voorval het om 17:30 op die hoek van Van Buuren-weg en Kloofweg in Bedfordview gebeur.

Volgens die polisie het die 43-jarige man in ’n blou Porsche by die verkeerslig stilgehou toe ’n motorfiets met twee mense langs die motor stilhou en op die bestuurder losbrand.

Die motorfiets het weggejaag en die man het by die Porsche uitgekruip.

Kapt. André de Jager, polisiewoordvoerder vir die Bedfordview-polisiekantoor, sê die polisie het die oorledene se lyk by die motor aangetref.

Die naam van die man was nog nie Maandagaand bekend gemaak nie, maar De Jager sê die man woon blykbaar in die noordelike dele van Johannesburg.

De Jager sê niemand anders is in die voorval beseer nie en dit kom voor of die aanvallers op die bestuurder van die Porsche gefokus was.

Hy sê dit is onduidelik hoeveel skote afgevuur.

’n Beskrywing van die motorfiets was ook nie onmiddellik beskikbaar nie.

Die polisie was kort voor 22:00 nog op die toneel besig.

Niemand is dadelik vir die voorval in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Bedfordview  |  Porsche
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.