Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man in sy 60’s se lyk in vlak graf gevind
Die toneel waar die lyk van ’n man Vrydagmiddag gevind is.

Die vasgebinde lyk van ’n man is Vrydagmiddag in ’n vlak graf in Centurion deur ’n inwoner gevind.

Die inwoner was op soek na grond vir tuinmaak toe hy op die lyk van ’n man, vermoedelik in sy 60’s, afkom, sê Werner Koekemoer van Specialized Security Services.

“Die man, geklee in ’n denim en ligte hemp, se voete was vasgemaak en sy hande was oor sy kop met ’n baadjie vasgemaak.”

Hy is in ’n vlak graf begrawe.

Koekemoer sê daar was geen sigbare wonde aan die man nie en die lyk was ook nog nie ontbind nie.

Die plek waar die lyk gekry is, is vol bourommel.

Die inwoner het die Wierda-polisiekantoor gekontak, maar moes glo meer as ’n uur op die toneel wag terwyl die “polisiebeamptes reëlings tref”.

Teen laatmiddag is hy na die Lyttelton-polisiekantoor waar hy glo ingelig is nog geen “reëlings” is getref nie.

Die sekerheidsdienste is toe ontbied, sê Koekemoer.

Die polisie was kort daarna op die toneel.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die omstandighede rondom die man se dood word ondersoek.

Volgens Masondo is die man se lyk in ’n oop veld naby Ruimteweg in die omgewing van Heuweloord in Centurion gevind.

’n Geregtelike doodsondersoek is begin hangende die uitslag van die nadoodse ondersoek.

Meer oor:  Dood  |  Misdaad  |  Centurion
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.