Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man kap glo sy bejaarde ma met by byl dood

’n Oos-Kaapse man wat na bewering sy ma met ’n byl doodgekap het, sal Dinsdag weer in die hof verskyn.

Die 55-jarige verdagte, Mvuyisi Mahamba, het Maandag vlugtig in die landdroshof in Ngqamakhwe verskyn.

Die saak teen Mahamba is uitgestel tot 21 Augustus om vir die maatskaplike werker genoeg tyd te gee om ’n verslag te voltooi wat aan die hof voorgelê sal word. Mahamba is die afgelope naweek deur die polisie in hegtenis geneem nadat hy vermoedelik sy 88-jarige moeder by hul huis in Ngcwazi tydens ’n rusie met ’n byl doodgekap het.

“Ons weet nog nie wat die motief is nie,” het kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die verdagte se kinders het eers Saterdag in die vroeë oggendure uitgevind dat hul ouma dood is. Hulle wou aanvanklik nie uit hul kamer kom nie nadat hulle hul pa vroeër die aand met ’n byl gesien het,” het Manatha gesê.

Meer oor:  Jackson Manatha  |  Oos-Kaap  |  Byl  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.