Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man kap glo vriendin met byl dood

Die polisie in Bothaville het ’n man in hegtenis geneem wat sy vriendin na bewering met ’n tuisgemaakte byl doodgekap het.

Kapt. Stephen Thakeng, ’n polisiewoordvoerder, sê mense het Sondag in die vroeë oggendure op die lyk van Madillo Molale (25) afgekom. Die lyk het langs die R719 tussen Hoopstad en Bothaville gelê en was met ’n kombers toegegooi.

Thakeng sê die polisie het inligting ontvang dat Molale en haar vriend, Elias Sebetoane (27), ná ’n drinkery rusie gemaak het.

Leidrade is opgevolg en Sebetoane is ná ’n deeglike ondersoek reeds Sondagoggend in hegtenis geneem. Die polisie het, volgens Thakeng, ook op die tuisgemaakte byl beslag gelê.

Sebetoane is Dinsdag van moord aangekla en moet weer op 3 Augustus in die hof verskyn.

Drie speurders van Bothaville, sers. Dannis Mokoena, sers. Sebolelo Mokatsa en konst. Tshepo Kotelo, is deur die stasiebevelvoerder, kol. Tshabalala Disebo, vir hul goeie werk geloof.

Meer oor:  Bothaville  |  Bylmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.