Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man kap pa glo met byl dood

’n Man van die Oos-Kaap wat glo sy pa met ’n byl doodgekap het, sal Vrydag in die hof verskyn.

Die man (44) is Dinsdagmiddag blykbaar met ’n bebloede byl in sy hande deur sy suster in hul huis betrap, terwyl hul pa, Tallman Sosara (77), op die vloer in ’n plas bloed gelê het.

Volgens kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, was Sosara en sy seun ten tyde van die voorval alleen by hul huis in Willowvale.

Sosara se vrou was in die dorp en sy dogter het by ’n nabygeleë kraan wasgoed gewas.

Manatha sê die dogter het ondersoek by die huis ingestel toe sy ’n harde geskree gehoor het.

Die dogter het blykbaar haar broer in hul huise se deur met die byl teëgekom en haar pa, wat toe reeds dood was, op die vloer aangetref.

Sosara se lyk was glo erg vermink en hy het verskeie wonde aan sy bolyf en kop gehad.

Toe die seun met die byl vlug, het sy suster gaan hulp soek en die polisie gekontak.

Volgens Manatha het die seun in die Bojini Village weggekruip, waar hy later die Dinsdagaand deur die polisie en lede van die gemeenskap opgespoor is.

“Die motief vir die wrede moord is nog nie duidelik nie. Ons hoop maar iets sal uitkom wanneer die verdagte in die hof voorkom.”

Die seun sal Vrydag sy eerste hofverskyning in die landdroshof in Willowvale maak.

Meer oor:  Willowvale  |  Gesinsmoord  |  Byl  |  Man  |  Pa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.