Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man koelbloedig doodgeskiet

’n Man is Woensdag naby die Cornubia-winkelkompleks in Mount Edgecombe in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Volgens Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), ’n plaaslike veiligheidsmaatskappy wat ook ’n ambulanseenheid het, is een van hul beamptes Woensdagmiddag om 16:16 deur ’n lid van die publiek voorgekeer en oor die skietvoorval ingelig.

“Paramedici en veiligheidsbeamptes het op die toneel van die skietery op die hoek van Allamanda- en Tacoma-straat in Mount Edgecombe aangekom en ’n man met veelvuldige skietwonde gevind. Hy het baie bloed verloor en is op die toneel dood. Hy was met twee pistole gewapen,” het Balram gesê.

“ ’n Ooggetuie op die toneel het gesê twee mans met vuurwapens het op die man losgebrand en toe in ’n wagtende voertuig gespring, wat weggejaag het,” het Balram gesê.

Die polisie in KwaZulu-Natal kon nie onmiddellik meer inligting oor die voorval verskaf nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.