Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man koop lekkers, verkrag 8-jarige

Die polisie in Botshabelo, buite Bloemfontein, is op soek na ’n man wat drie jong kinders met lekkers van hul speelplek weggelok en toe een van die meisies twee keer verkrag het.

Sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, sê die kinders, tussen ses en agt jaar oud, het Saterdag omstreeks 14:30 in die erf van ’n huis in Seksie E gespeel toe ’n onbekende man hulle geroep het. Hy sou vir hulle lekkers gaan koop.

Die man het saam met die kinders tot by ’n winkel gestap waar hy vir hulle geld gegee het om lekkers te koop.

Volgens Xuma het die man die kinders daarna na ’n verlate gebou in Seksie C gevat.

Daar het hy die twee jonger kinders buite laat wag, terwyl hy die agtjarige meisie verkrag het.

Die jonger kinders is na ’n naburige huis. Die huiseienaars het die polisie gebel en dié kinders is met hul ouers herenig.

Die man en die ander meisie het intussen verdwyn. Hy het haar na Seksie B geneem waar hy haar weer op ’n kerk se perseel verkrag het. Hy het haar daar gelos en gevlug, sê Xuma.

Die meisie is na ’n nabygeleë huis en die mense het die polisie gebel.

Sake van ontvoering en verkragting word ondersoek.

Lt.kol. Naledi Diphoko, bevelvoerder van die Selosesha-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksmisdade (GKS), het gevra dat kinders aangesê word om niks van vreemdelinge te aanvaar nie en geleer word om altyd hul ouers se toestemming te vra voordat hulle saam met enigeen gaan.

Ouers moet ook ten alle tye hul kinders dophou en weet waar hulle hul bevind.

Enigeen met inligting wat die polisie kan help om die man aan te keer word gevra om Diphoko by 082 784 3332, of konst. Boichoko Moroka, die ondersoekbeampte, by 082 043 3952 te bel.

Meer oor:  Botshabelo  |  Polisie-Ondersoek  |  Misdaad  |  Verkragting  |  Lekkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.