Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man met 51 vuurwapens vrygelaat

’n Inwoner (43) van Sasolburg wat Sondag vir die onwettige besit van vuurwapens in hegtenis geneem is, is intussen vrygelaat.

Dit kom nadat verskeie polisie-eenhede op die man se huis toegeslaan en beslag gelê het op 51 vuurwapens, asook ’n groot aantal patrone en plofstof.

Die polisie in die Vrystaat het inligting opgevolg wat deur die Wes-Kaapse polisie verskaf is en by die huis in Uniestraat ondersoek ingestel.

Die Valke het die dossier oorgeneem vir verdere ondersoek.

’n Groot getal jaggewere en aanvalsgewere is onder die vuurwapens wat die polisie by ’n huis in Sasolburg gekry het.

Maandag het dit bekend geword dat die man nie aangekla is nie en dat sy naam dus nie bekend gemaak kan word nie.

Kapt. Christopher Singo, Valke-woordvoerder in die Vrystaat, sê die man kon dokumente verskaf wat hom magtig om die vuurwapens in sy besit te hê.

Volgens Singo ondersoek die Valke die saak om seker te maak die man se dokumente is eg en dat hy al die regulasies nagekom het rakende die berging van vuurwapens.

Meer oor:  Polisie  |  Valke  |  Wes-Kaap  |  Sasolburg  |  Vuurwapens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.