Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man met graaf in huis geslaan oor ‘beskermingsgeld’

’n Man van Port Elizabeth is Sondagoggend in ’n bedenklike toestand in ’n hospitaal opgeneem nadat hy glo deur drie jeugdiges met ’n graaf in sy huis aangeval is.

Die 53-jarige man is volgens die polisie se inligting verskeie kere met ’n graaf oor die kop geslaan in sy huis in Malabar se Uitbreiding-6-gebied.

Die aanval spruit glo uit ’n stryery oor sogenaamde beskermingsgeld (geld wat ’n informele groep eis om inwoners in die gebied glo te beskerm teen misdadigers en bendes) wat die slagoffer blykbaar versuim het om te betaal.

Kapt. Johan Rheeder, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Sondagoggend omstreeks 03:30 gebeur.

Na wat beweer word, het die drie jeugdiges by die huis ingebreek en die geld by die man geëis. Toe die man die geld nie oorhanding nie, het die drie hom met ’n graaf toegetakel voordat hulle met ’n onbekende bedrag kontant en ’n skootrekenaar gevlug het.

Die slagoffer se vriendin, wat ook in die huis was, is ongedeerd.

Rheeder sê die man het ernstige beserings opgedoen en is hospitaal toe geneem.

’n Saak van poging tot moord word ondersoek.

Rheeder het ook ’n beroep op die gemeenskap gedoen om enige voorvalle van eise vir sogenaamde beskermingsgeld by die polisie aan te meld.

Niemand is teen Sondagoggend in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Pe  |  Beskermingsgeld  |  Poging Tot Moord  |  Graaf-Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.