Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man met Krejcir-bande het glo 'dwelm-skuld' gehad
Radovan Krejcir Foto: Argief

’n Man wat glo noue bande met die Tsjeggiese mafiabaas Radovan Krejcir gehad het, is Dinsdag dood aangetref in sy sel in die Voorberg-gevangenis buite Porterville.

Jack Watts Cloete (44) het ’n vonnis van tien jaar tronkstraf uitgedien weens dwelmhandel.

Hy is in Mei 2014 in Krugersdorp in hegtenis geneem in verband met verskeie misdade, onder meer dwelmhandel, sameswering om moord te pleeg, diefstal, aanranding met die doel om ernstig te beseer en kwaadwillige saakbeskadiging.

Die saak oor die dwelmklagte is na die landdroshof in Goodwood oorgeplaas en hy is in Desember 2014 gevonnis.

’n Bron by die Voorberg-gevangenis het Vrydag gesê Cloete was ’n dwelmverslaafde wat tik gebruik het. Die tik het hom glo paranoïes en emosioneel gemaak.

Volgens die bron was Cloete moontlik onder die invloed van tik. Hy was glo diep in die skuld by sy verskaffer en het glo nie meer geld vir nog dwelms gehad nie.

“Moeilike tye laat jou wanhopige goed doen.”

Volgens die bron het Cloete groot bedrae aan dwelmverskaffers binne en buite die tronk geskuld. Hy het glo nie meer die finansiële ondersteuning gehad om sy dwelmgewoonte te onderhou nie.

Die bron sê Cloete se verskaffer is glo ’n lid van die 28-tronkbende. Die verskaffer het glo groot hoeveelhede tik aan Cloete gegee. Volgens die bron is Cloete se dwelmskuld van buite die tronk deur sy “mense” in die dwelmverskaffer se vrou se bankrekening betaal.

Volgens die bron is Cloete se verskaffer nou na ’n ander eenheid geskuif. “Daar is nou spanning tussen die 28’s en 26’s oor Jack [Cloete] se dood, en toe skuif hulle die verskaffer om die mense te kalmeer.”

Singabako Nxumalo, ’n woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het Vrydag gesê Cloete het homself opgehang. Hy was in ’n enkelsel. ’n Bewaarder het om 04:00 op sy lyk afgekom.

’n Lykskouing moet nog gedoen word om die oorsaak van Cloete se dood vas te stel.

Meer oor:  Radovan Krejcir
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.