Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man met Mandrax en tik in padblokkade vasgetrek

’n Man sal Donderdag in die plaaslike hof op Swellendam verskyn nadat daar sowat 6 000 Mandrax-tablette en 16 sakke tik in sy voertuig gevind is.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring die 35-jarige man is deur die polisie in hegtenis geneem nadat hy Woensdag in die vroeë oggendure op Riviersonderend by ’n padblokkade afgetrek is. Hy is in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van dwelms en dwelmhandel.

Die voertuig was vermoedelik van Kaapstad na Swellendam onderweg.

Lt.genl. Sindile Mfazi, waarnemende Wes-Kaapse polisiekommissaris, sê die inhegtenisneming is ’n deurbraak in die geveg teen dwelmhandel.

“Deel van ons ondersoek is om vas te stel waarheen die man met die dwelms op pad was en wie anders betrokke is.”

Polisiebeamptes tel die Mandrax-tablette waarop daar beslag gelê is.
Sowat 6 000 Mandrax-tablette is in ’n voertuig gevind.
Altesame 16 sakke vol tik is ook in die voertuig gevind.

Meer oor:  Swellendam  |  Mandrax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.