Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man met R11 miljoen se goud op lughawe betrap

’n 33-jarige man verskyn na verwagting Maandag in die streekshof in Kempton Park nadat 23 stukke goud ter waarde van sowat R11 miljoen in sy bagasie by die O.R. Tambo-lughawe gevind is.

Luidens ’n verklaring deur die Valke is die vermeende smokkelaar Saterdag ingevolge die Wet op Doeane en Aksyns en die Wet op Edelmetale op die lughawe deur die Valke in hegtenis geneem.

’n Voorlopige ondersoek het bepaal hy het van Harare in Zimbabwe na Johannesburg gereis.

Die goud is ontdek toe die man se bagasie by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se doeane-en-aksyns-afdeling geskandeer is. Hy het nie die items verklaar nie en nie ’n permit of lisensie gehad om in besit daarvan te wees of dit te vervoer nie.

Daar is op die goudstukke beslag gelê en die Valke is ingeroep om die man in hegtenis te neem en die ondersoek te hanteer.

Meer oor:  O.R. Tambo-Lughawe  |  Goud  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.