Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man met ‘rooi hemp, rooi tekkies’ gesoek
Die polisie ondersoek die toneel waar ’n vermoorde vrou naby Lentegeur gevind is. Foto: Verskaf
Die lyk van ’n jong vrou, vermoedelik in haar twintigs, is Dinsdagoggend naby Lentegeur gevind. Foto: Verskaf

Die polisie soek na die moordenaar van ’n onbekende vrou nadat haar lyk in die bosse in Lentegeur gevind is.

Lt.kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig die identiteit van die vrou is nog onbekend, maar hulle vermoed sy is in haar twintigs.

Traut het gesê die vrou is aangerand en dalk ook verkrag.

“Haar lyk is omstreeks 10:30 naby Morgan Village, Lentegeur, gevind,” het Traut gesê.

Na wat verneem word, is die vrou kaal gevind.

Volgens ’n ooggetuie wat die oorledene gevind het terwyl sy met haar hond gaan stap het, het sy nog geleef en ’n beskrywing van haar aanvaller gegee.

Volgens die ooggetuie was dit ’n man met ’n rooi hemp en rooi tekkies wat haar aangeval en verkrag het voordat hy van die toneel gevlug het.

Na wat verneem word, het die slagoffer baie pyn gehad en kon nie haar bene beweeg nie.

Die ooggetuie het hulp gaan soek en toe sy terugkeer, was die slagoffer dood.

Die polisie het jeans en ’n blou hemp naby die oorledene gevind wat vermoedelik aan haar behoort het.

Geen ander beserings is aan die oorledene gevind nie.

Traut het bevestig niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die oorledene se identiteit kon nie teen spertyd bevestig word nie.

Meer oor:  Lentegeur  |  Soektog  |  Misdaad  |  Moord  |  Polisie  |  Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.