Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man met strykyster gebrand in plaasaanval

’n Man is met brandwonde in die hospitaal opgeneem nadat hy en twee ander mense die afgelope naweek op ’n plaas in die Hekpoort-omgewing in Gauteng deur rowers aangehou en gemartel is.

Amanda de Lange, VF Plus-lid van die Gautengse wetgewer, het bevestig die man sterk in die hospitaal aan.

Sy bly in verbinding met die familie, wat glo nog te getraumatiseerd is om met die media te praat.

Rowers het die man Vrydagaand vir ’n geruime tyd saam met sy meisie en dié se broer, wat by hom gekuier het, in ’n huis op die plaas aangehou. Die plaas behoort aan die beseerde man se broer, maar hy was nie teenwoordig met die aanval nie.

Die slagoffers is onder meer met ’n strykyster gebrand en kookwater is op hulle gegooi.

Konst. Gloria Maswanganye, polisiewoordvoerder, sê die man en sy meisie het die honde hoor blaf voordat vier gewapende rowers by hul slaapkamer ingekom het.

Die rowers het op die kluis se sleutels en geld aangedring terwyl die drie slagoffers gedwing is om op die vloer te lê.

Volgens Maswanganye het die man vir die rowers gesê daar is nie ’n kluis of geld in die huis nie. Daarna het die marteling begin.

Die rowers het met vuurwapens, juwele, selfone, ’n televisiestel, kos, klere en ’n skootrekenaar weggekom.

’n Familievriend van die man in die hospitaal sê die slagoffers oorweeg dit om vir berading te gaan.

Volgens De Lange is drastiese ingryping nodig wat landelike veiligheid betref.

“Plaaslike polisiekantore is onderbeman en nie behoorlik toegerus om landelike beveiliging te doen nie. So word gemeenskappe genoodsaak om self hul geliefdes en eiendom te beskerm,” sê sy.

Meer oor:  Gauteng  |  Plaasaanval  |  Gebrand  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.