Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man met vervalste geld betrap
Die polisie van Selosesha buite Bloemfontein het beslag gelê op dié vervalste geld toe hulle Woensdagoggend ’n man in hegtenis geneem het.

’n Man verskyn binnekort in die hof in Botshabelo buite Bloemfontein nadat hy met meer as R100 000 se vervalste geldnote in sy huis betrap is.

Die 49-jarige man is Woensdag om 09:40 deur die Selosesha-polisie se taktiese reaksie-eenheid en die misdaadintelligensie-eenheid by sy huis in Botshabelo se U-seksie aangekeer.

Sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, sê die polisie het eers R1 400 se vervalste geld in skoene op ’n hangkas gekry en toe hulle die man deursoek, het hulle R300 in vervalste note gekry.

Volgens Xuma het die polisie toe R105 000 se vervalste note in ’n swart plastieksak in ’n buitetoilet gekry. Dit het uit vervalste R100- en R200-note bestaan.

Die man sal op aanklag van die besit van vervalste geld in die hof verskyn.

Xuma sê hulle ondersoek hoe en waar die man die vervalste geld gekry het.

Lt.genl. Moeketsi Sempe, die provinsiale polisiehoof, het die beamptes geloof vir hul goeie werk en het sakemense gewaarsku om seker te maak dat die geld waarmee hulle betaal word nie vervals is nie.

Meer oor:  Botshabelo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.