Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man molesteer kinders glo al jare lank in Orania

’n Bejaarde man van Orania in die Noord-Kaap wat daarvan beskuldig word dat hy jare lank jong kinders seksueel gemolesteer het, het glo onder meer sy ouderdom gebruik om van sy slagoffers na sy huis te lok.

Die 72-jarige pensioentrekker, wat teregstaan weens verskeie seksuele misdade met kinders, het na bewering jong meisies en seuns gemolesteer en homself ook ontbloot.

Hy het ’n seun gevra om in sy tuin te werk omdat hy self “te oud” sou wees. Hy het dan glo die seun maande lank gemolesteer.

Volgens die seun se ouers was hul kind 12 jaar oud toe hy na bewering in 2012 gemolesteer is.

“Daar is nog ’n ouer seun en twee klein meisies. Ons het ook gehoor van ouer meisies op hoërskool wat onder die man deurgeloop het,” sê die ouers.

Ons kan nie so iets toelaat nie. Die plek word gereken om veilig te wees, waar kinders in die pad kan speel. Ons seun is nou oukei en ons praat gereeld met hom.

Volgens die pa was hulle geskok om van die beweerde molestering te hoor en het hy dadelik sy seun belet om naby die man te kom.

Die beskuldigde is verlede week vir psigiatriese waarneming gestuur nadat hy weer in die streekhof op Hopetown verskyn het.

Sy verhoor is tot 15 Maart uitgestel sodat daar op die psigiatriese verslag gewag kan word.

Kapt. Olebogeng Tawana, ’n polisiewoordvoerder, sê die man word deur verskeie aanklagte van seksuele misdrywe en seksuele aanranding in die gesig gestaar.

Hy het na bewering sy slagoffers bevriend en word daarvan beskuldig dat hy sy geslagsdele voor die kinders ontbloot het, pornografie aan ’n kind gewys het, dade van “konsensuele penetrasie” met sekere kinders gepleeg het en van seksuele gereedmaking.

Daar is ook twee aanklagte van crimen injuria, twee van onsedelike aanranding en een van seksuele aanranding teen hom.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die nasionale vervolgings­gesag, het vroeër gesê die voorvalle het glo tussen 2007 en 2013 gebeur en die jong slagoffers het eers die voorvalle aangemeld toe hulle heelwat ouer was.

Volgens die ouers is almal in die gemeenskap woedend oor wat die man aan die kinders gedoen het.

“Ons kan nie so iets toelaat nie. Die plek word gereken om veilig te wees, waar kinders in die pad kan speel. Ons seun is nou oukei en ons praat gereeld met hom,” sê die pa.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.