Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man ná 11 jaar aangekeer weens moord op 2

Elf jaar nadat twee jong mans in ’n bakleiery oor ’n vrou in Dalton, KwaZulu-Natal, doodgeskiet is, is die vermeende skieter uiteindelik aangekeer.

Foto ter illustrasieFoto: ANDRE DAMONS

Die 42-jarige man sal na verwagting Donderdag in die landdroshof op New Hanover in verband met die moord op Thembinkosi Ngubane (25) en Scelo Mncube (23) die aand van 5 Desember 2007 verskyn.

Lt.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, sê die moordverdagte was byna 11 jaar lank voortvlugtig voordat hy vroeër vandeesweek in Meadowlands, Soweto, in hegtenis geneem is nadat die polisie ’n wenk van die gemeenskap ontvang het.

Volgens Zwane het die man die aand van die moord glo omstreeks 21:00 by Ngubane en Mncube se huis in Mollissimaweg, Dalton, opgedaag.

Hy wou glo by hulle weet waar sy vriendin is.

’n Rusie het glo ontstaan, waarna hy die twee mans na bewering doodgeskiet en gevlug het.

Meer oor:  Moord  |  Skietvoorval  |  Voortvlugtig  |  Verdagte  |  Aangekeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.