Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man neem sy eie lewe ná gesinsmoord

Die lyk van ’n Vrystaatse man wat gesoek is vir drie moorde op sy gesinslede is Dinsdagoggend gekry.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die polisie is Dinsdag ontbied nadat iemand op ’n lyk afgekom het waar dit in ’n boom buite Sasolburg se nywerheidsgebied hang.

Makhele sê die polisie was op soek na Andrew Mpho Mokhoro wat vermoedelik sy 37-jarige vrou en haar twee seuns van twee en nege jaar oud vermoor het.

Die polisie is op 17 Mei na ’n huis in uitbreiding drie in Zamdela, Sasolburg, ontbied waar hulle op die lyke van die vrou en die kinders afgekom het.

Al drie was met ’n skerp voorwerp gesteek.

Makhele sê ’n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word. Die polisie vermoed geen misdaad nie.

Meer oor:  Vrystaat  |  Gesinsmoord  |  Boom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.