Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man op 60ste verjaardag by Seepunt beroof

’n Mylpaal is vir ’n Kaapse man bederf toe hy op sy 60ste verjaardag by die Seepunt-promenade beroof is.

André Cheminais, uitvoerende hoof van die veiligheidsmaatskappy Federal Guarding, is teleurgesteld en getraumatiseerd nadat ’n groep mans sy goue ketting met ’n erfstuk op sy verjaardag van sy nek afgeruk het.

André Cheminais

Cheminais en sy twee broers het op die promenade gestap toe die voorval Donderdag omstreeks 11:00 gebeur het.

“Ek het iemand agter my voel loop; daar was drie van hulle. Hulle het nader en nader geloop en toe ek stop en omdraai, het hulle my ketting van my nek afgeruk.”

Die ketting het in die helfte gebreek en die goue St. Christopher-medalje, wat volgens hom al meer as ’n eeu in hul familie se besit is, het gelukkig by sy hemp ingegly.

Hy en sy broers het die mans agternagesit. Terwyl hulle gehardloop het was een van die mans skielik langs hom wat die ander helfte van die ketting afgeruk het.

Cheminais het ’n snytjie aan sy nek opgedoen en is nie seker of ’n mes gebruik is om die ketting af te sny en of dit deur naels veroorsaak is nie.

Twee van die mans het in ’n wit bakkie, wat reeds gedreun het, weggekom. Die ander man was nog te voet.

Iemand het die registrasienommer van die bakkie geneem en vir die polisie gegee, het hy Saterdag vertel.

“Dit voel natuurlik absoluut aaklig. Jy is 60 jaar oud, dit is ’n mylpaal . . .

Hy sê lede van die plaaslike gewapende reaksiediens was sowat 20 m van die toneel geparkeer en het hulle hoor skree.

“Hulle het die man sien hardloop, hom agternagesit en aangekeer. Hy is nou by die polisiekantoor.”

Terwyl Cheminais saam met lede van die gewapende reaksiediens met die man gewag het, het ’n vrou hom genader.

“Sy het gesê net vyf minute vantevore is haar ketting ook van haar nek afgeruk.”

Hy glo die mans is deel van ’n sindikaat.

Cheminais het ’n verklaring by die Seepunt-polisiekantoor afgelê en hulle vir hul flinke diens geprys.

“Dit voel natuurlik absoluut aaklig. Jy is 60 jaar oud, dit is ’n mylpaal . . .”

Dit is die eerste keer dat hy op straat beroof is.

Met die misdaadsituasie in die land en die howe voel jy nie wonderlik nie, maar ek gaan ’n klag aanhangig maak en hof toe gaan, want as mense nie probeer om dit te stop nie, gaan dit net erger word.

Cheminais is egter dankbaar dat hy en sy broers nie ernstig beseer is in die voorval nie.

“Jy is uiters teleurgesteld, dit is taamlik traumatiserend.”

Hoewel een van die verdagtes aangekeer is, voel hy nie optimisties daaroor nie.

“Met die misdaadsituasie in die land en die howe voel jy nie wonderlik nie, maar ek gaan ’n klag aanhangig maak en hof toe gaan, want as mense nie probeer om dit te stop nie, gaan dit net erger word.”

Hy loop daagliks by die see, maar ná dese wil hy dit nie meer doen nie.

Cheminais maan mense om nie met waardevolle besittings by Seepunt te stap nie en sê vroue moenie alleen daar loop nie.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n 23-jarige man is Donderdag op aanklag van roof aangekeer. Die man verskyn na verwagting Maandag in die landdroshof in Kaapstad.

* Die berig is bygewerk ná die aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  André Cheminais  |  Seepunt  |  Rooftog  |  Promenade  |  Verjaardag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.