Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man op N7 aangeval, met petrol gegooi

’n Man het Maandag vroegoggend ’n noue ontkoming gehad toe hy vermoedelik deur betogers in die Dunoon-omgewing op die N7-snelweg aangeval en met petrol bestook is.

Siyabulela Malo, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê ’n saak van kwaadwillige saakbeskadiging is vir verdere ondersoek geopen nadat die 67-jarige man omstreeks 05:45 aangeval is deur ’n groep mense wat hom op die N7 in die rigting na Malmesbury genader het.

Die betogings in Dunoon en Joe Slovo omgewing wat verlede week reeds hand uitgeruk het. Foto: Verskaf

Volgens die polisie was die man glo in ’n ongeluk in die omgewing toe sy voertuig ’n voorwerp op die pad getref het en tot stilstand gekom het.

“ ’n Groep mense het hom genader en begin om brandstof oor hom en sy voertuig te gooi, maar hy kon wegkom,” sê Malo.

“Die slagoffer se voertuig is aan die brand gesteek nadat hy gevlug het. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Volgens ’n polisiebron het die man tot by die Milnerton-polisiekantoor gehardloop.

“Hy was nog vol petrol en moes vir sy lewe gehardloop het.”

Die polisie het ’n beroep op mense gedoen om na vore te kom met inligting oor die voorval en die Bothasig-polisie by 021 558 3688 te skakel of die polisie se stopmisdaadeenheid by 08600 10111 te bel.

Meer oor:  N7  |  Dunoon  |  Misdaad  |  Aanval  |  Petrol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.