Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man op plaas met hamer en skroewedraaier getakel

’n 57-jarige man is Dinsdagoggend tydens ’n huisbraak op ’n plaas by Stutterheim in die Oos-Kaap met ’n hamer oor die arms geslaan en met ’n skroewedraaier in die arm gesteek.

Die voorval was omstreeks 04:00 op ’n plaas in die Amabele-gebied by Stutterheim. Die inbreker het toegang tot die huis gekry deur ’n kombuisvenster te breek.

Kapt. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder, sê by navraag die slagoffer het Dinsdag wakker geword en aanvanklik gedink die persoon wat hy in die huis sien, is sy vrou.

Die inbreker, gewapen met ’n hamer en skroewedraaier, het hom egter aangeval en met twee selfone, ’n horlosie en ’n beursie van die toneel af weggehardloop.

Die man is nie ernstig beseer nie en sy vrou is ongedeerd.

Volgens Mawisa word ’n saak van huisbraak ondersoek. Die polisie het teen Dinsdagmiddag nog niemand in verband met die voorval aangekeer nie.

Enigeen wat die polisie in hul ondersoek kan help, kan die Stop Misdaadnommer bel by 08600 10111.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Stutterheim  |  Plaasaanval  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.