Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man ‘per ongeluk’ tydens rooftog in kop geskiet

’n Man is Donderdagmiddag in sy motor, in die parkeerterrein by ’n strand in Port Elizabeth, deur rowers doodgeskiet.

Na bewering is Curt Felix (33) van Cleary Park in Port Elizabeth en ’n vrou in haar 30’s die middag omstreeks 17:15 in Wells Estate by St. George’s-strand deur twee gewapende rowers oorval.

Kapt. Johan Rheeder, polisiewoordvoerder, sê Felix en die vrou het in ’n Volkswagen Polo in die strand se parkeerterrein gesit. Die motor se ruite was oop.

“Volgens die vrou het hulle ’n skaduwee gesien en die volgende oomblik was daar gewapende mans langs die motor.”

Felix is met ’n vuurwapen gedreig en die rowers het hul selfone geëis.

“Terwyl Felix en vrou nog besig was om hul selfone te oorhandig, het daar skielik ’n skoot afgegaan en die man is in sy kop getref.”

Die twee rowers het die selfone en die vrou se handsak gegryp voordat hulle gevlug het.

Rheeder sê Felix is op die toneel dood.

Die polisie vermoed die skoot het per ongeluk in die rooftog afgegaan.

’n Saak van moord en roof word ondersoek.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.