Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man se lyk gevind nadat hy by Gariepdam verdwyn
Ainsley Hermanus (23) Foto: Facebook

Die lyk van Ainsley Hermanus (23), wat Saterdagaand vanaf ’n huis by die Gariepdam verdwyn het, is gevind.

Brig. Motansi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die owerhede het Dinsdagmiddag op Hermanus se lyk afgekom waar dit 7 km buite die dorp langs die N1 teen ’n heining gelê het.

“Die polisie het inligting ontvang van ’n nabygeleë plaas nadat die inwoners twee dae lank gesien het dat daar iets ongewoons daar gelê het. Toe polisielede gaan ondersoek instel, het hulle op Hermanus se lyk afgekom.”

Volgens Makhele was die lyk bebloed en daar was kneusplekke en ander wonde.

“Daar is tekens dat hy terugbaklei het, wat vir ons daarop dui dat hy vermoor is,” sê Makhele.

Netwerk24 het vroeër berig Hermanus is Saterdag net ná 20:00 as vermis aangemeld nadat twee onbekende mans, wat hulself voorgestel het as “mense van die gereg”, na Hermanus gaan soek het by die huurhuis waar hy en twee ander mans gewoon het.

Hermanus en sy huismaats is werknemers van Zithembile Consulting, en hulle was by die Gariepdam vir kontrakwerk vir die herstel van ’n kragstasie.

Kim Choudary, direkteur van Zithebile Consulting, het vroeër gesê twee mans het glo na Hermanus gaan soek en daarop aangedring dat hy sy ID aan hulle wys.

“Hy het sy ID in die motor gaan haal en die mans het hom na buite gevolg.

“Sy twee huismaats het minute later gaan kyk waar hulle is, maar Ainsley en die twee mans het spoorloos verdwyn.”

Hermanus se familie, wat in Mosselbaai woon, kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Gariepdam  |  Ainsley Hermanus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.