Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man se lyk in motor in Kuilsrivier gevind

Wes-Kaapse speurders is nog besig om ’n toneel in Kuilsrivier te fynkam waar die lyk van ’n man Donderdagoggend in ’n silwerkleurige Nissan Almera gevind is.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê die plaaslike polisie het omstreeks 08:30 gereageer op oproepe oor ’n voertuig wat verdag lyk. Dit het agter die Shell-vulstasie in Jaberhonstraat, Highbury, gestaan.

Polisiebeamptes op die toneel in Jaberhonstraat, Highbury in Kuilsrivier, waar die lyk van ‘n man Donderdag in ’n silwerkleurige Nissan Almera gevind is. Foto: Zoë Dreyer/Facebook

Toe die polisie op die toneel aankom, het hulle die motor aangetref met al die deure wat oopstaan. Die man se lyk wat op die agtersitplek was, was met takke bedek.

Van Wyk sê die oorsaak van sy dood is nog onbekend, maar ’n saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens inligting is die voertuig in die naam van ’n man geregistreer wat in Uitzicht naby Durbanville woon.

Hy het vermoedelik vir ’n app-gegronde taxi-onderneming gewerk.

Van Wyk het namens die polisie ’n beroep gedoen op mense om inligting te verskaf wat tot die inhegtenisneming van die skuldiges kan lei. Hulle kan die ondersoekbeampte, speursers. M. Mfubesi, by 021 900 5500 of by 073 124 7487 bel of 0860 010 111, die misdaadnommer, skakel.

Meer oor:  Kuilsrivier  |  Kaapstad  |  Moord  |  Polisie  |  Dood  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.