Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man se lyk in motor voor huis gekry

’n Man is Maandagoggend vroeg voor vriende se huis in Mitchells Plain in die Wes-Kaap dood in ’n motor aangetref.

Daar is gerugte dat hy moontlik aan ’n oordosis dwelms kon gesterf het.

’n Inwoner van Apricotweg, Westridge, het gesê hy het kort ná 06:00 die motor in die straat gesien. Die oorledene, net bekend as Junaid van Schaapkraal (naby Philippi), was agter die stuur.

Die silwerkleurige Toyota Yaris was voor ’n huis geparkeer.

Die man se ouers en familielede was omstreeks 11 vm. op die toneel en het met die polisie gepraat.

Inwoners het gesê hy het voor sy dood gekuier by twee broers wat in die straat woon.

Daar word bespiegel dat dwelms gebruik is en dat hy vermoedelik aan ’n oordosis gesterf het.

’n Polisiewoordvoerder, kapt. Frederick van Wyk, het gesê die oorsaak van sy dood word ondersoek.

Hy het bevestig dat die oorledene die vorige aand by ’n vriend gekuier het en die huis glo omstreeks 22:00 verlaat het.

Van Wyk het gesê geen gemene spel word vermoed nie. ’n Lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van sy dood vas te stel.

’n Geregtelike doodsondersoekdossier is geopen.

Meer oor:  Mitchells Plain  |  Kyk  |  Motor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.