Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man se lyk langs pad in VS bly raaisel

Die polisie in die Vrystaat is op soek na die naasbestaandes van ’n man wie se lyk byna ’n maand gelede langs die N3-snelweg gevind is.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie vra die publiek se hulp om die onbekende man se naasbestaandes op te spoor.

Die lyk, met geen sigbare beserings daaraan nie, is op 9 Junie langs die pad tussen Villiers en Warden gevind.

Mbambo sê die man het vermoedelik weens blootstelling aan die elemente gesterf.

“Dit is ’n swart man tussen die ouderdom van 30 en 35. Hy het ’n blou T-hemp, grys broek en kort rubberstewels gedra. Hy het geen tatoeëermerke of letsels aan sy lyf gehad nie.”

• Mense met inligting kan AO Molovo Tsotetsi by 082 466 7749 kontak of die Stop Misdaad-nommer, 08600 10111. Inligting kan ook deur die MySAPS-app gestuur word.

Meer oor:  Vrystaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.