Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man skiet eie hand af in padwoede-voorval
Paramedici en polisie staan die man wat homself per ongeluk geskiet het by. Foto: BLUE SECURITY TV

’n Man het Woensdagmiddag in ’n padwoedevoorval op die M13-snelweg in Fields Hill in KwaZulu-Natal per ongeluk ’n stuk van sy eie hand afgeskiet.

Volgens paramedici was die bestuurder van ’n Ford Ranger in ’n rusie met ’n vragmotorbestuurder wat byna in hom vasgery het toe hy van baan verwissel het.

Volgens Michelle Smith, mediese direkteur van Meditech Emergency Response, het die man, vermoedelik in sy 60’s, homself tydens die bakleiery in die linkerhand raakgeskiet.

Sy hand is gedeeltelik geamputeer, het Smith gesê.

Volgens Smith is die pasiënt op die toneel behandel en in ’n stabiele toestand hospitaal toe geneem om verdere mediese behandeling te ontvang.

Andreas Mathios, woordvoerder vir Blue Security wat kort daarna op die toneel was, het die voorval bevestig.

Die toneel waar die padwoede-voorval plaasgevind het.Foto: BLUE SECURITY TV
Die vuurwapen waarmee die motoris homself geskiet het.Foto: BLUE SECURITY TV

Volgens hom is daar ’n brug oor die betrokke snelweg en maak die pad ’n effense draai.

Die vragmotorbestuurder het glo besef sy voertuig sal nie daaronder pas nie. Hy moes dus noodgedwonge van baan verander en het gevolglik die Ford Ranger afgesny. Die vragmotorbestuurder wou volgens Mathios uit sy voertuig klim, maar die deur aan sy bestuurskant is deur die Ford geblokkeer.

Hy het gesê volgens videobeeldmateriaal wat deur Times Live en op sosiale media gedeel is, het die vragmotorbestuurder met ’n stuk yster uit die voertuig geklim.

“Die twee mans het in ’n tipe stoeigeveg betrokke geraak, waarna ander motoriste hulle genader en die situasie gekalmeer het,” het Mathios gesê.

Videobeeldmateriaal wys egter hoe die bestuurder van die Ford kort daarna die man die man vloek en ’n vuurwapen uit sy voertuig gehaal. Hy het homself kort daarna in sy eie hand raakgeskiet.

Die voorval word deur die polisie ondersoek.

Kyk die video wat TimesLive gepubliseer het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.